

BRAAIKAASHAPPIES BUCK RAREBIT
Vir 4 Porsies
4 eiers
30g botter
sout en peper
1 eetlepel meel
3 eetlepels melk
2 eetlepels bier
1 teelepel Worchestersous
1 eetlepel Dijon mostert
150g gerasperde Cheddarkaas
4 dik snye brood
Smelt die botter in ‘n kastrol. Roer die meel in en kook liggies terwyl dit geroerword tot die meel en botter behoorlik gemeng is. Roer die melk geleidelik in. Voeg die bier, mostert en Worchestersous by en roer deeglik tot ‘n dik sous vorm. Indien te dik kan klein bietjie melk bygevoeg word. Haal van die hitte af en meng die kaas by tot die kaas heeltemal gesmelt is. Geur na smaak met sout en peper.
Rooster en botter die brood. Smeer die braaikaasmengsel oor die gebotterde roosterbrood. Plaas onder ‘n matige rooster en rooster vir 2 tot 3 minute. Bak intussen die eiers sodat dit wit stol maar die gele loperig bly. Plaas ‘n gebakte eier bo-op elke sny en bedien dadelik
Bron en Foto: Adam Cloete






