ROMERIGE BABA AARTAPPELS MET SWEET CHILLI
Hier is ‘n heerlike vinnige resep vir aartappels. Die kombinasie van die chillie en room is net fantasties.
Neem so 500g pakkie klein aartappeltjies.
Kook net tot effens sag in water en sout. Gooi water af.
Voeg ‘n houertjie room en so koppie sweet chillie sous by. (Hoeveelheid kan aangepas word na jou hoeveelheid aartappels en ook as jy meer souserigheid wil hê, voeg net meer by)
Laat nou verder prut tot aartappels lekker sag is en die sous lekker dik. (sonder die deksel)
Die sousie word bietjie dikker en heeerlik.
Resep: Amanda Struwig
Foto: Rina Kleinhans. – ek het gesnyde aartappels gebruik en bietjie knoffel en swart peper en sout bygesit na smaak.. regtig baie lekker
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Liezl Frauendorf
Kan mens dit koud bedien soos n aartappel slaai?
Rina Kleinhans
Liezl Frauendorf ek dink nogal so die sousie is regtig heerlik en ons het hom kamertemperatuur geeet saam met braaivleis en dit was baie lekker… ek wil dink as hy ‘n rukkie staan gaan hy net nog lekkerder wees.. geniet dit
Hierdie is regtig lekker. Ek sny ook my aartappels sit gemengde uie en knoffel by en natuurlik die swart pepper ń moet…..yummy!