ROMERIGE BABA AARTAPPELS MET SWEET CHILLI

tested
ROMERIGE BABA AARTAPPELS MET SWEET CHILLI

Hier is ‘n heerlike vinnige resep vir aartappels. Die kombinasie van die chillie en room is net fantasties.

Neem so 500g pakkie klein aartappeltjies.
Kook net tot effens sag in water en sout.  Gooi water af.

Voeg ‘n houertjie room en so koppie sweet chillie sous by. (Hoeveelheid kan aangepas word na jou hoeveelheid aartappels en ook as jy meer souserigheid wil hê, voeg net meer by)
Laat nou verder prut tot aartappels lekker sag is en die sous lekker dik. (sonder die deksel)

Die sousie word bietjie dikker en heeerlik.

Resep:  Amanda Struwig
Foto:  Rina Kleinhans. – ek het gesnyde aartappels gebruik en bietjie knoffel en swart peper en sout bygesit na smaak.. regtig baie lekker

Foto: Benhet Nieuwenhuis