

WELSH RAREBIT
Ek maak n kaassous met so halwe teelepel mosterd poeier in. Lekker sterk kaas maak dit net lekkerder. Dan rooster ek my brood en gooi die kaassous oor. Strooi so klein bietjie fyn gekapte pietersielie oor. Ek het ook al gesnipperde gaar bacon op die rooster brood gesit en dan die kaassous op geskep. Baie eenvoudig en tog baie lekker…….
BRON – Rita Olckers
Foto geleen by stouffers






