MYRTLE SE HOENDERLASAGNE
Resep en foto: Myrtle van Dyk
FOOD LOVERS RECIPES
Gister hoender gebraai, baie het oorgebly.
oorskiet hoender, van been afgehaal en fyn gesny
2 gekapte uie
250 g repies spek, in blokkies gesny
sampioene, na smaak
2 tot 3 gekapte tamaties
versnipperde spinasie, na smaak
1 blokkie hoenderekstrak, opgelos in 1 liter kookwater
2 pakkies hoendersoppoeier of sampioenroomsoppoeier
Braai die uie, repies spek en sampioene in bietjie olie.
Voeg daarby die gekapte tamaties en versnipperde spinasie.
Meng die hoenderekstrak vloeistof met die hoendersoppoeier of sampioenroomsoppoeier
Voeg dit by die uie en spekmengsel en kook deur.
Meng in by die hoender.
Pak in lagies met lasagne velle.
Eers ‘n lagie vulsel, dan ‘n lagie lasagne.
Eindig met vulsel.
Strooi gerasperde kaas oor en bak teen 180°C vir 50 min.








