GROEN TAMATIE BLATJANG
3 kg groen tamaties
125 ml sout
1½ kg fyn gekapte uie
750 ml suiker
1,875 liter asyn
Verwyder ogies van tamaties, sny in blokkies, sprinkel sout oor en laat staan oornag.
Dreineer oortollige vloeistof.
Roer gekapte uie, suiker en asyn by.
Kook vir 1 uur sonder deksel.
90 ml koekmeel
30 ml kerrie
30 ml mosterd
15 ml rooipeper
15 ml borrie
125 ml appelkooskonfyt
375 ml asyn
Meng al die bestanddele baie goed sodat al die klontjies opgelos is.
Voeg 250ml van die warmtamatiemengsel by die kerriemengsel en roer.
Gooi die kerriemengsel by die kokende tamatie mengsel.
Kook 15 minute terwyl u voortdurend roer.
Gooi warm mengsel in gesteriliseerde bottels en verseël.
Resep: Francina de Flamingh
Foto: Karin Klinck Pitout en Carina D Van Aardt
Wenk deur Jean Calitz: As dit nog nie soet genoeg is na jou smaak, voeg nog 1 koppie suiker en 1 koppie konfyt by. Dit het perfek vir haar gewerk.
geskuif