BESTANDDELE
1 liter strooi suiker (ek gebruik sommer gewone wit suiker) – jy kan verminder na 750 ml, maar nie minder nie, dit help met preservering.
3 liter wit asyn
Roer saam tot suiker opgelos is, voeg die volgende by en kook vir 10 minute sodat die geure kan ontwikkel –
40 ml swart peperkorrels
2 kaneel stokkies
10 heel naeltjies
10 star anise blommetjies
4 lourierblare (opsioneel)
skil van 1 of 2 suurlemoene (net die geel)
1 kg afgespoelde chillies – variasie van jou keuse. Hou heel of sny in stukke of gooi in chopper vir fyner weergawe. Jy kan die saadjies in hou as jy warmer byt soek of verwyder vir meer mak weergawe.
METODE
Gooi die voorbereide chillies by die warm mengsel, bring weer tot kookpunt, kook vir 2 minute (die fynes) of 5 minute vir die groter weergawes. Bottel in gesteriliseerde bottels. Vul op met die pekel mengsel tot so 5 mm onder die bo punt. Vee rand skoon, draai deksel op. Los verkieslik ‘n paar weke om die mengsel te laat verouder.
NOTA
Ek gooi gewoonlik die speserye in ‘n 5 liter bottel asyn en laat dit staan tot ek dit nodig het vir ‘n volgende batch piekels wat ek maak. Dit is dieselfde basiese mengsel wat ek vir meeste van die goed gebruik. In die proses kry die goed tyd om ryp te word.
BRON: Relish/Petro Borchard
FOTO: Petro Borchard








