GEMMERBIER HOENDER
6 hoenderstukke
1 pakkie sampioensoppoeier
1 blikkie gemmerbier
Rol die hoenderstukke in die sopppoeier.
Plaas dit in ‘n oondbak.
Voeg die gemmerbier versigtig by.
Bak met ‘n deksel op teen 180 grade vir ‘n uur.
Haal die deksel af vir die laaste 10 minute.
Resep geplaas deur Amanda Struwig
Photo 1: Elizabeth Margaret Hendrikz
Foto 2: Frances Smith









