1.25kg koekmeel
125g sagte botter
375ml strooisuiker
15g(1en halfpak)kitsgis
1ml fyn gemmer
1ml fyn kaneel
15ml anyssaad
5ml sout
Vryf botter in meel in en meng alles saam en dan 2 kop louwarm water.
Knie tot elasties laat rys tot dubbel
Rol uit 2.5cm dikte
Bak in diep olie tot gaar
Stooi met kaneelsuiker as gebak is.
Of doop in stropie-
1 kop suiker
1 en half kop water
Kook vir 5 min
Dompel gaar skuinskoek in louwarm stropie. Oo ja
Resep en foto: Elba Groenewald (Lid)








