SUZETTE SE SPEK EN SAMPIOEN TERTJIES
Dit is minni quiche non stick vorms. En ek gebruik fondant/ cookie cut drukkers vir uit druk van deeg vir versiering. Deeg is gekoopte uitgerolde skilfer deeg. Bak winkels behoort forms en pannetjies aan te hou.
Ek het uie in botter gaar gemaak en bacon gesnipper en saam gebraai. Toe mushrooms opgesny en saam gesit. Sout en peper na smaak. In ‘n bak het ek so 10 eiers gekits en so hand vol gerasperde kaas bygegooi. Toe voeg ek die bacon, uie en mushroom mengsel in by die rou eier mengsel. Skep in pannetjies en sit deeg bo-oor en smeer met eier. Bak in oond teen 180°C vir so 30-45 min (hang af van jou oond). Ek het myne in ‘n “thermo fan” oond vir 30 min gebak tot goud bruin en gaar. (Hierdie resep is net so lekker sonder deeg… ek maak dit in silicone myffin bakkies en sit kaas bo-oor vir ontbyt.) Sal ‘n foto op sit van die wat ek gemaak het.
FOTO EN RESEP: Suzette Lubbe










