Meng in ‘n sakkie (ziplockbag):
2 koppies koekmeel
½ eetlepel braai spice
1 teelepel suurlemoenpeper
1 teelepel knoffel poeier saam
Maak mengsel van:
2 geklitste eiers
bietjie melk
Spoel lewers af en dreineer.
Doop die lewer elk in die eier- en melk mengsel.
Rol in die meel mengsel en en bak in diep olie tot goudbruin en bros (so 3 min).
Bak net ‘n paar op ‘n slag anders trek jou olie water en dit kook gaar en jou bros lagie val af.
Bedien saam met enige sous, ‘n brand een en soet een werk goed saam.
BRON/FOTO: Jp Erasmus