

KOFFIE KARAMEL TERT
2 eiers,
125 ml suiker,
30 ml kookwater,
2 tl koffie gemeng met die kookwater,
30 ml melk,
2 ml vanielje,
185 ml koekmeel,
sout,
15 ml gesmelte botter,
5 ml bakpoeier.
Meng als en bak teen 180°C tot gaar.
Vir die stroop.
Kook 375ml water, 175 ml suiker, 25 ml koffie, 5 ml vanielje saam. Gooi oor warm tert. Dit lyk na baie sous maar gooi als oor.
Vir bo laag. Smeer Karamel oor, gemaak van Caramel instant pudding (aangemaak met 250 ml melk) dan geklitse room bo-op die karamel en peppermint crisp gerasper bo-oor
Resep en foto: Elizabeth Haupt







Oorgeplaas na nuwe blig.