OLYFBROOD
275 ml water
2 eetlepels olyfolie (vir glasuring)
2 teelepels suiker
1½ teelepel sout
450 witbroodmeel
1¼ teelepel kits suurdeeg
60g groen of swart olywe, opgekap
Giet die water en olie in die broodmaker bakkie.
Voeg nou suiker en sout by.
Bedek met die meel en sprinkel die suurdeeg oor.
Stel op basiese program
Voeg die olywe by volgens jou masjien se instruksies, gewoonlik in die begin of die middel van die 2de knie siklus.
Keer uit wanneer gaar.
Glasuur deur olyfolie oor te borsel en laat tenminste vir 1 uur afkoel voor jy dit sny of die meng apparaatjie onder uit te haal.
Resep: Amanda Struwig.
Foto: Lynette Louwrens









Lynette Louwrens
Daarsy!!baie lekker gewees. Sal beslis weer bak😀