TREK VELLETJIE VAN LEWER SO AF
Ester Barnard: Laat lê in asynwater vir rukkie.
Stefaans Blaauw: Laat lê vir so uur in koue water. Maak ‘n gaatjie in die vleis en druk jou vinger deur. Wikkel dan die vlies rondom die lewer los.
Alet Swart: Laat lê in koeksoda vir ‘n ½ uur. Kook vir 2 min in kookmelk. velle val self af.
Bak of braai saam met uie en spicy rice spices.
Lorett Brittnell: Ek laat lê die hele lewer in ‘n skoon zink en gooi ‘n ketel kookwater daaroor. Die vel raak so wit en as jy ‘n snytjie daaarin maak en jou vinger onderin druk, geepad die vel van die lewer. Ek haal soms die hele lewer se vel in 1 stuk so af. Vir my die maklikste maar dit werk net maklik as die lewer in groot stukke is.
Annamerie Wilkinson: Lê in melk dan trek die velletjie maklik af.