NARTJIE JELLIE
Lewer 1.25 kg
1.5 kg nartjies grof gekap, met skil
125 suurlemoensap
2 l water
500 g suiker vir elke 500 ml gedreineerde sap
Verhit die nartjies, suurlemoensap en water in ‘n swaarboom kastrol en kook dit ‘n uur lank, of tot die skil baie sag is.
Giet die mengsel in ‘n jelliesak (kaasdoek) en laat dit stadig deurdrup – ongeveer 2 – 3 ure of totdat dit ophou drup. Moenie die sak druk nie, dit maak dat die jellie nie helder is nie.
Meet die sap en weeg die suiker af (500 g vir elke 500 ml sap). Roer die suiker by. Verhit stadig terwyl jy die mengsel roer. Dit MOET opgelos wees voor die mengsel begin kook. Verhoog die hitte en kook vinnig verder tot stolpunt bereik is (105 C). Min of meer 30 minute. Hoe groter die oppervlak van die kastrol is, hoe vinniger damp die mengsel in. Verwyder alle skuim wat bo-op gevorm het om ‘n helder produk te verseker. Giet in gesteriliseerde warm bottels. Verseël met deksel.