

MAAK JOU EIE SJOKOLADE MET KAKAO (lees gerus die kommentaar onder aan voor jy dit maak)
BESTANDDELE:
150 ml melk
2 koppies kakao poeier
¾ koppie botter
1 koppie water
¼ koppie koekmeel
½ koppie strooisuiker
METODE:
Neem die kakao, hoe fyner hoe beter en gooi in voedselverwerker.
Sorg dat daar geen klonte in kakao is nie.
Gooi nou die botter by die kakao, jy kan die botter kleiner sny voor jy dit bygooi.
Sit die voedselverwerker aan en meng botter en kakao tot pasta.
Gooi nou die water in kastrol op stoof en gooi jou kakao pasta daarin.
Maak warm, maar dit moet nie koook nie.
Gooi nou terug in voedselverwerker en gooi nou die melk, meel en strooisuiker by terwyl dit nog warm is.
Sit voedselverwerker aan en meng tot alle klonte uit is en loperig is.
Gooi nou in verskillende vorms en sit in yskas om hard te word.
As dit hard is haal uit vorms en geniet jou eie sjokolade.







Why the flour in this recipe?
I have not make this recipe myself, but it is surely to help the chocolate set, otherwise it will stay soft and runny.
Please let us know if you have tried this recipe. it is tested by one of our members with sucess
I made half the recipe. This is not something I will do again. It was very bitter – I will see when it is cold if it is any better.