LENE SE BUNNY CHOW
Pas hoeveelhede aan na gelang van die hoeveelheid mense wat gaan eet. đ
Kook aartapels + – 4 plaat op 6, plaas dan wortels saam wat in repe gesny is.. nadat die skaapvleis ontdooi is, plaas in ñ groot pot, plaas dan gekapte uie, ñ bietjie crush garlic, ñ pakkie ertjies, twee lepels kerrie poeier, bietjie tabasco sous  en kook plaat op 3 vir so ñ uur ongeveer.
plaas dan aartapels en wortels saam in die pot ( moet nie TE veel roer nie ) los op die plaat vir so 30min plaat bly op 3.. tot alles lekker sag is en die sous heerlik dik.
koop ñ heel brood  en hol uit ( moet nie die binne kant van die brood weg gooi nie )
Skep die lekker vleis mengsel in die uitgeholde brood en eet dit uit met die uitgehaalde binnekante. Eet die brood lekker saam tot alles op is… geniet dit
fOTO EN RESEP:  Lené Samantha Webb








