

KOUE PIESANGPOEDING
Gisteraand se poeding (het die resep op fb gekry – weet nie watter bron)
Pak vanilla wafer beskuitjies (stukkend gemaak) onder in bak.
Sny piesangs in skyfies bo-oor wafer beskuitjies (soveel as wat jy wil)
Meng ‘n pakkie kitspoeding volgens aanwysings (ek het butterscotch gebruik)
Meng in ‘n aparte bak 1 blikkie kondensmelk, 1 houertjie roomkaas en 1 houertjie room
Meng nou hierdie mengsel (kondensmelk, roomkaas en room) met die kitspoeding-mengsel
Skep bo-oor die piesangs
Sprinkel gekrummelde Nutticrust beskuitjies bo-oor (of ander beskuitjies of sjokolade – jou keuse)
Laat afkoel in yskas (beste sal wees oornag) en geniet.
Dit was besonders en heerlik!!!
RESEP INGESTUUR DEUR – Alta Lubbe
FOTO – Alta Lubbe
One thought on “KOUE PIESANGPOEDING”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Mariaan Hartman
Rina, ekt amper dieselfde resep, maar met n verskil. Pak vingerbeskuitjies in bak wat stukkend gebreek is. Gooi bo oor n blikkie vrugtekelkie met stroop. Maak kitspoeding gewoonweg aan en gooi bo oor. Die butterscotsh een. Klop room styf en gooi bo oor. Rasper sjokolade bo oor en sit in koelkas. Ek gooi ook stukkies groenvye in saam met die vrugtekelkie. Dis heerlik.