KOUE PIESANGPOEDING


KOUE PIESANGPOEDING
Gisteraand se poeding (het die resep op fb gekry – weet nie watter bron)
Pak vanilla wafer beskuitjies (stukkend gemaak) onder in bak.
Sny piesangs in skyfies bo-oor wafer beskuitjies (soveel as wat jy wil)
Meng ‘n pakkie kitspoeding volgens aanwysings (ek het butterscotch gebruik)
Meng in ‘n aparte bak 1 blikkie kondensmelk, 1 houertjie roomkaas en 1 houertjie room
Meng nou hierdie mengsel (kondensmelk, roomkaas en room) met die kitspoeding-mengsel
Skep bo-oor die piesangs
Sprinkel gekrummelde Nutticrust beskuitjies bo-oor (of ander beskuitjies of sjokolade – jou keuse)
Laat afkoel in yskas (beste sal wees oornag) en geniet.
Dit was besonders en heerlik!!!
RESEP INGESTUUR DEUR – Alta Lubbe
FOTO – Alta Lubbe