KERRIE HOENDER EN AARTAPPELS MET WORS
Braai 2 uie in olie tot bruin.
Voeg die volgende by:
20 ml matige kerriepoeier
20 ml suiker
25 ml bisto
25 ml suurlemoen sap
350 ml water
2 ml sout
klein bietjie tamatiesous
klein bietjie chutney
Worcestersous, bietjie
1 blokkie beef aftreksel
12 hoender boudjies
4 groot aartappels, in blokke gesny
ongeveer 300 g wors, in klein stukkies gesny
Kook alles saam, as sous te dik is gooi bietjie water by en spices. Sit hoender in ‘n oondpan met wors. Ons het die aartappels eers bietjie gekook, sit dan by hoender en gooi dan die sous oor en bak tot gaar by 180 grade C.
Dit was baie lekker die geheim is die sous moet eers kook.
Foto en resep: Natashia Klopper van Tonder








