LAE GI PEER KOLWYNTJIES
4 ekstra groot eiers
1 koppie suiker
30 ml canola-olie
10 ml vanieljegeursel
2 koppies vanieljegeur laevet jogurt
1 koppie vetvrye melk (kan ook volroom gebruik)
2 koppies koekmeel
20 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
15 ml fyn kaneel
2.5 ml sout
2 koppies hawersemels (oat bran)
1 koppies volkoring Pronutro, ‘original’ of ‘apple bake’
3 groot pere, fyn gekap
Klits die eier tot donsig en voeg dan die suiker by. Voeg die res van die vloeistowwe by en meng goed. Meng al die droë bestanddele in ’n aparte bak. Voeg dan by die nat mengsel, klits goed en voeg die gekapte pere by.
Voorverhit die oond tot 220°C. Spuit twee reuse kolwyntjie panne met kossproei en vul met beslag. Sit die kolwyntjies in die oond, verlaag die hitte tot 190°C en bak vir 25min.
Wag totdat jou baksel afgekoel het voordat jy die kolwyntjies uitlig.
Hulle is wonderlik met kaas en konfyt en vries ook baie goed. Lekker bak!
Foto: Rina Kleinhans









Geskuif
Ek moet kom vertel, ek het nou hierdie muffins gebak en hulle is uit ‘n ander wereld lekker, mens kan dit sonder botter eet so lekker klam en geurig is dit, probeer dit gerus nou dat dit peertyd is. Dit maak 12 groot muffins of 24 kleiner muffins.. net reg om te vries…