
WENKE VIR DIE MAAK VAN CAKE POPS
Ek gebruik enige suikerbrood resep, spuit die pannetjie goed en vul net die onderste helfte van die pannetjie.
Laat afkoel en vries die balletjies voor u dit doop in gesmelte sjokolade.
Ek gebruik suiker jellie lekkertjies bo en onder op die stokkie en druk die stokkie in sjokolade eers voordat ek dit in die balletjie druk.Vries die balletjies biekie sodat die stokkie sjokolade kan stol en dan versier u dit.
Mens kan gewone koek ook gebruik met versiersel tussen in wat mens afdruk met koekie drukkers, of krummel koek en druk in balletjies met versiersel of sjokolade. Die geheim is daardie vries sessies anders is die hele proses baie baie moeilik
Baie sterkte!
Wenke van Lilly Bester






