KERRIE FRIKKADELLEFRIKKADELLE
1 kg maalvleis
1 ui, fyn gekap
1 medium wortel, fyn gerasper
2 groot murgpampoentjies, fyn gerasper
1 sny brood, in melk geweek
2 eiers
1 groot piesang, goed fyngedruk
2 eetlepels blatjang
1 teelepel pietersielie
1 teelepel gemengde kruie
sout en peper
SOUS
2 medium uie, fyn gekap
10 ml borrie
20 ml kerrie
20 ml suiker
25 ml koekmeelblom
50 ml blatjang
50 ml asyn
500 ml water
sout en peper
4 piesangs
Voorverhit oond tot 180ºC en bespuit ‘n oondvaste bak met spray and cook.
Vir die frikadelle, meng al die bestanddele saam met die maalvleis en werk goed deur met die hande.
Maak 16 tot 20 frikkadelle.
Pak in ’n gesmeerde oondbak (nie te styf teen mekaar nie).
Vir die sous, braai die uie in ‘n pan in ‘n bietjie olie vir ongeveer 2 minute.
Meng die res van die bestanddele, behalwe die piesangs by die uie en laat kook vir ongeveer 2 minute (meng die koekmeelblom met ‘n bietjie van die water voor dit by die uiemengsel gegooi word).
Sny die piesangs in skyfies en gooi oor die frikkadelle.
Gooi die sous oor die frikkadelle en piesangs en bak in die oond vir ongeveer 40 – 45 minute, of tot die frikadelle gaar is.
Ek het dit bedien saam met kapokaartappels, soet wortels en gebraaide eiervrug.
Geniet dit!
FOTO: Renate se kombuis








