SHEILA SE LEKKER PASTEI
BESTANDELE/METODE
Braai eers jou beesvleis. Gooi dan uie by om saam te braai. Gooi sout. Peper bbq knoffel en naeltjies by.
Gooi kookwater met beef stock by. Laat die vleis baie lank kook tot dit van die bene af val ontrent so 4 ure of 2 ure in stoompot.
Haal al die bene uit. Skil 3/4 artapels en sny in klein blokkies. Gooi by die vleis in en kook tot dit baie sag.
Vat nou 2 vurke en trek die vleis uit mekaar dat dit repies is. Laat kook sodat daar nie baie sous oor is nie.
Meng so 1/2 eetlepel van Ina Paarman se Brown onion gravy and soup poeier met bietjie water en roer in vleis in tot dit dik is. Skep in oond bak.
Los om af te koel. Rol gekoopte puff pastry uit en sit oor die vleis en smeer met eier geel. Bak dan in oond van 190grade vir 30 min
BRON/FOTO: Sheila Marsburg Troskie








