Bestanddele
1 groot pak repiespek
250g (ongeveer 6) ontbytworsies van jou keuse
250g gekapte ham
½ kop gekapte uit
½ kop elk gekapte groen en rooi rissie
12 eiers
1 kop melk
500g gevriesde “hashbrowns”, ontdooi
1 kop cheddar kaas
1 teel sout
½ teel gemaalde swartpeper
¼ teel gedroogde dille
Voorverhit oond tot 175°C.
Smeer ‘n oondbak liggies.
Braai spek en worsies in aparte panne tot mooi bruin, so 10 minute.
Dreineer spek op papierhanddoek (hou so 2 porsies in pan.
Krummel die spek en sit eenkant.
Sny worsies en ham in klein stukkies.
Roerbraai uie en soetrissies oor matige hitte in die pan met die stukkies spek, tot sag. Verwyder met gaatjieslepel.
Klits eier en melk in ‘n groot bak.
Vou die hashbrowns, kaas, sout, peper, dille, uiemengsel en gekrummelde spek, worsies en ham in.
Plaas in bak en bak 35 – 45 minute of tot gestol.
Bron en foto: Amanda Struwig








