

KAASKOEK TIPE TERT MET MALVALEKKERS
Kors:
1 Pakkie Tennisbeskuitjies
2 groot lepels margarien / botter
(Smelt botter in mikogolf of op plaat. Sit beskuitjies in
plastieksak, slaan en trap daarop totdat dit baie fyn is. Meng
in tertbord met beskuitjies en druk vas as kors.)
Vulsel:
1 blikkie (410g) gunstelingvrugte (appeliefie/ aarbei/
koejawel)
1 koppie volgeprop met malvalekkers (marshmallows) gesnipper
1 houertjie (koppie) vars room
Smelt die Malvalekkers (marshmallows) op die plaat – haal
dan af, voeg ‘n bietjie van die vrugtestroop in die blik by,
gooi die res weg of drink dit (baie lekker)
Sny die vrugte (as dit groot is – los appeliefies net so) in klein
stukkies, en voeg by.
Klop room styf en vou dit daarby in, skep in die kors en sit in
die yskas vir net 15 minute – nou kan jy maar op dien.
Ideaal vir onverwagte gaste!!! Dit kan sommer ‘n nagereg
ook word in nood… dien op met roomys
Resep van Lorette Grové
Foto: Ronel Muller Thoma







Ronel Muller Thoma
Rina hierdie tert is beslis n wenner. Nie baie soet nie. Stol baie vinnig en vinnig om te maak.