BUTTERNUT PASTA
(hoeveelhede aanpasbaar)
Rooster butternut blokkies in die oond tot sag, kook 500 g pasta tot al dente en meng met die butternut en plaas eenkant.
Meng:
250 ml suurroom (ek gebruik Greek yoghurt)
400 ml melk
1 pakkie knoffel en kruie “potato bake” of enige geur
Giet die melkmengsel oor die pasta mengsel, strooi bietjie rooi peper oor en sprinkel kaas oor. Bak 30 minute in die oond tot lekker warm, kaas gesmelt en bruin bo-op.
Resep geplaas: Suneth van Rensburg








