VARS EN DROë VRUGTE CHUTNEY
Maak 38 Liters
3 kg uie
6 kg vrugte pulp *1
9 kg droë vrugte *2 (myne was 18 kg na dit geweek is)
1.5 kg bruin suiker *3
50 ml kerrie poeier
50 ml naeltjie poeier
150 ml mixed spice
50 ml garlic
50 ml rooi peper
20 ml borrie
60 ml chilli flakes
30 ml celery seeds
3 – 4 liter asyn *4
Week al jou droë vrugte oornag in genoeg water / sap / tee om dit te bedek, tot sag. Behou die vloeistof (dit word by totale mengsel gegooi). Gooi deur voedselverwerker of sny in klein blokkies.
Verwerk jou vars vrugte soos genoem in *1. (Ek vries dit wanneer in seisoen en benut dit wanneer ek tyd het om dit verder te verwerk)
Gooi alles behalwe die suiker in groot genoeg pot en laat prut tot al die vrugte saggekook is. Voeg suiker by en prut tot alles mooi maatjies gemaak het. Proe of jy nog suiker verkies. Onthou die smaak gaan baie skerp wees op hierdie stadium, dit het minstens 6 weke nodig om te mellow.
Bottel in warm gesteriliseerde bottels en seël.
*1 = appels / perskes / pruime / appelkose ….. enige ander relatief sagte vrugte. Ontpit, sny in blokkies of maal met voedsel verwerker.
*2 = Gebruik wat beskikbaar is = ek het die volgende gebruik = sultanas, appel, perskes, appelkose, pere.
*3 = Onthou dat jou uie en droeë en vars vrugte REEDS saggekook moet wees VOORDAT jy die suiker byvoeg, anders sal dit nooit sag kook nie. Ek verkies die donker bruin suiker wat lyk of dit rondloop as jy dit uitskep, maar dit maak nie regtig te veel verskil wat jy gebruik nie.
*4 = Ek gebruik gewone wit asyn – met al die spices in dit, kan jy nie regtig fancy asyn se smaak kry nie. Bruin asyn gee net ‘n donkerder produk.
RESEP EN FOTO: PETRO BORCHARD










