


“SPICY” HOENDERBORSIES
4 hoender borsies ( sny horisontaal in die middel deur – sodat daar 8 is)
2 teelepels fyn gemaalde komyn
2 teelepels fyn gemaalde koljandersaad
1 teelepel paprika
2 eetlepels olyf olie.
Meng al die “spices” en olie in ‘n bak
Voeg hoender by en vryf sodat al die hoender bedek is.
Pak mooi in ziplock sakkies of bedek die bak. Laat staan vir ‘n uur. Kan ook die vorige dag gemaak word en in die ziplock sakkies in die yskas gelos word.
Spuit pan met olie en braai tot gaar.
Ek is maar nukkerig met hoender so ek bak die klaar gebraaide hoender in die oond vir 15 minute teen 180ºC.
Bedien bo-op kapokaartappel.
Ek gooi ook 1 Avokado in die blender, blits tot heeltemal glad met suurlemoen sap. Skep die avokado bo-op die hoender.
Fotos: Adam Cloete







Hierdie resep is so eenvoudig en tog so geurig en smaaklik.
Ek braai die borsies vinnig in ‘n warm kleefvrye pan om dit te seël en dan verlaag ek die hitte dat dit stadig in hul eie sappe gaar word, met ‘n koepel deksel oor die pan. Die laaste rukkie maak ek die pan oop en verhoog weer die hitte om die vloeistof vinnig af te kook sodat dit weer begin braai. Wanneer ek die borsies oorsit in ‘n bak, voeg ek dan bietjie water by en skraap die stukkies wat vassit los om ‘n heerlike sous te vorm.
Seker die geurigste hoender wat ek in ‘n lang tyd ge-eet het. Die spesifieke spesery mengsel in die resep verrig wondere.