RETHA SE HEERLIKE LASAGNE
Ek gebruik nie eintlik mates nie, maar sal skat…. “Here goes” …..
1 Groot ui
1/4 Groenrissie
1 tl “crushed” Knoffel
1/2 Pakkie Spek
500gr + maer Maalvleis
1 Blikkie tamaties
3/4 K Sampioene
1/2 tl Mixed Italian herbs/ Sweet Basil
Sout en Swart peper na smaak
2 Eetl Asyn
1 Eetl Worcesthire Sous
2 tl Suiker
3 Eetl Blatjang
1 Pak Lasagne velle ( Ek hou daarvan om 1 laag gewone, 1 laag spinasie te maak)
1/2 Blok Blou kaas (eg. Simonsberg se Bluerock) (opsioneel)
Cheddar kaas
Maak jou eie witsous/bechamel sous soos verkies. Ek hou nie van gekoopte sous nie.
Braai uie, knoffel, groenrissie en spek saam tot halfgaar in olyfolie.
Voeg maalvleis, Worcesterhire sous, asyn en speserye by. Kook tot vleis amper gaar is.
Voeg sampioene en tamatie by, asook suiker en blatjang.
Laat alles prut tot tamaties gaar is.
Voeg halwe blok bloukaas by en roer deur. (Dit is ‘n smaak “ding”)
Sit onder in die bak eerste ‘n bietjie vleissous en witsous, dan velle. Maak lae tot bak so te sê vol is. Los spasie want lasagne velle “krul”. Laaste laag is witsous.
Bak teen +- 160’C vir 45min of tot lasagne sag is. Sit oond af.
Haal uit en sprinkel met kaas. Sit terug in pond tot kaas gesmelt is.
PS: Moenie sout by vleis sit as jy Bloukaas gaan gebruik nie…..
BRON – Retha Grobler









This has got a really nice taste. Also very easy to make.