



KRAPTIMBALE MET BEARNAISESOUS
125 ml melk
3 eiers
1 knoffelhuisie (gekneus)
50 mol Pernod- of anyslikeur
210 ml koekmeelblom
1 ui gekap
15 ml olie
1 x 175g blikkie krapvleis (gedreineer)
Béarnaisesous
5 ml dragon
50 ml wit wyn
200g sagte botter
25 ml asyn
1 eiergeel
Plaas melk, meelblom en eier in ‘n kastrol, roer tot verdik oor lae hitte.
Soteer ui en knoffel in verhitte olie.
Voeg uiemengsel, likeur en krap by meelmengsel.
Skep in gesmeerde timbale.
Bak 10-15 min lank in ‘n bain-marie in voorverhitte oond teen 180° C.
Berei sous:
Plaas dragon, asyn en wyn in ‘n kastrol.
Verhit en laat tot ‘n derde verdamp.
Klits eiergeel en dragonmengsel in ‘n dubbelkoker met ‘n draadklitser tot dik.
Voeg botter bietjie vir bietjie by.
Klits aanhoudend.
Verwyder van hitte.
Dien dadelik op saam met timbale.
Resep: A Struwig






