GEBAKTE GROENBONE
250g gesnipperde groenbone
1 ui, grof gerasper
12,5 ml koekmeelblom
2 ml bruinsuiker
2 ml sout
knypie peper
125 ml suurroom
75 ml melk
250 ml gerasperde cheddar kaas
100 ml verkrummelde aartappelskyfies.
Kook die groenbone gewoonweg in ‘n bietjie water net tot sag.
Dreineer goed.
Voorverhit oond tot 180° C.
Smeer ‘n vuurvaste bak met ‘n volume van nagenoeg 1 liter.
Soteer die ui in die smeer.
Haal die pan van die stoof af en roer die meel, suiker, sout en peper by.
Roer die suurroom en melk by.
Verhit dit oor matige hitte tot dik en roer aanhoudend.
Voeg die uiemengsel en kaas by die boontjies en meng.
Skep in bak en strooi skyfies bo-oor.
Bak tot goed warm.
Resep: A Struwig (Kookkursus deur B Wilbers)
Foto: Frances Smith









geskuif