DASSIE SE VARIASIE KOEK
250 g Stork Bake (kamer temperatuur)
4 eiers
1 ½ koppie suiker
2 koppies melk
2 ½ koppies koekmeel
½ koppie kakao
1 teelepel karamel geursel
knippie sout
4 teelepels bakpoeierKlits eiers, suiker en margarien goed saam. Voeg droë bestanddele by, dan melk. Klits goed. Skep uit in 2 gesmeerde (of spuit) koekpanne of ring pan. Bak +- 40 min. by 180ºC.
Wanneer uit die oond kom, los 4 teelepels bruinsuiker op in ½ koppie kookwater en giet oor die warm koek.
Versier na smaak wanneer heel afgekoel.
Die koek is versier met ganache. 120 ml room met 250 g sjokolade.
Ek smelt dit sommer in die mikrogolf. As bietjie afgekoel het giet oor koek. Kan heelneut sjokolade ook gebruik.
Ek gebruik die resep vir witkoek en “cupcakes”. Gebruik dan net 3 koppies meel .
Resep en foto: Dassie Meyer