KALKOENBOUD
Die kalkoenboud wat ek vandag gemaak het.
Kalkoenboud van 1,250 kg
Voeg saam in mortar;
1/2 teelepel tiemie
1/2 teelepel roosmaryn
1/2 teelepel Leroi’s braaisout ( by slaghuise te koop)
1/2 teelepel Ina Paarman hoender spice
1/4 teelepel Aromaric lemon en herb spice van Robertsons
1/4 teelepel suurlemoen peper
1/2 teelepel crushed garlic spice van Robertsons
1/4 teelepel Ina Paarman green onion spice
1/4 teelepel chillie beef aromat
En “grind” saam.
Voeg 3 eetlepels olyfolie by.
Werk die kalkoenboud se vel los van die vleis maar hou heel. Smeer die spice mengsel oral oor die vleis en trek vel terug en steek met tandestokkies vas.
Maak in ‘n koppie aan:
2 eetlepels woestersous
2 eetlepels olyfolie
bietjie crushed garlic of garlic olie.
Spuit in die middel van die boud op 4 of 5 plekke met ‘n vleisspuit.
Laat le ongeveer 3 ure. Bak nou in ‘n matige oond.
Ek’t myne 3 ure in daai klein ronde glasoondjies gebak by 160 ºC.
BRON – Jacques Marianne Van Niekerk