BASAAR PANNEKOEK
Lewer 25 pannekoeke
4 koppies water
¼ koppie asyn
4 eiers
4 koppies meel
1 teelepel sout
4 teelepels bakpoeier
½ koppie olie
Klits goed en bak in warm pan.Ek gebruik net ‘n klein bietjie olie min die pan met my eerste pannekoek en dan nie weer nie. NOOIT FLOPS nie. Hoe langer die deeg staan hoe lekkerder is dit. As die deeg bietjie dik is, verdun met water. My ma-hulle het emmers vol gebak vir fondsinsamelings deur die jare, en ek ook. Lekker eet.
Foto: Poppie Naude
Resep: Jannie Duvenage









Die resep werk perfek. Ek het al so baie pannekoek resepte probeer en my eerste paar pannekoeke breek altyd. Met die resep was elke pannekoek perfek. Baie dankie