
IDEES VIR STOKKIES ETE-ALLES OP ‘N STOKKIE
Jacques Marianne Van Niekerk – Ek hou daarvan om wors uit die vel te ryg en baaaaie klein frikkadelletjies te maak en ham in dun repies te sny en op te rol saam die gewone piekeluitjies, kaas agurkies ens
Lisinda Blaauw – Fruit kebabs are great for dessert smile emoticon and you can use yogurt for a dip.
Inette Neethling – Slaaistokkies, bv blare, tamaties, wortels, druiwekorrels, aarbeie ens.
Deleen Venter Loker – ‘n Stukkie boerewors op ‘n stokkie is baie lekker. Ek het dit die eerste keer gesien jare terug toe ons op ‘n funksie was en glo my die kok het aanhoudend kos aangedra en aan almal geoffer.
John Ellis – Rib chops on a sosatie, fat down high heat. Crisp the fat then braai normal.
Marinda Peyper – Stop wors en pap saam in wors dermpie op ‘n stok.
Michelle Gainsford Venter – Kersies wat met spek toegedraai is en op tandestokkie geryg is . Bak in ‘n pan. Heerlik.
Benhet Nieuwenhuis – ek het al mushrooms op geryg met klein aartappeltjie tussen in! smeer met Jimmy sous en braai…. baie lekker.
Jacky Reid – Small pieces of chicken livers rolled in bacon on the braai. Very tasty.
Sam-Lindsey Januarie – Chocolate covered marshmellows dipped in sprinkles.
Celeste Glöss – Gerookte mossels of sny hoenderborsies in repies, ryg op stokkies. maak in oond gaar.
Hestelle Cordier – Jy kan pruimedante, agurkies,aspersies, droee vrugte of enige iets anders van jou keuse neem, draai repie bacon om en bak in die oond met ‘n tandestokkie deur, Selfs dadels smaak baie lekker so.
Wilma Mahne – Farfalle (strikkie pasta) gaar gekook, besprinkel met Aromat, ryg in met pimento olywe. baie baie smaakvol.
Mariette Visser – Hoendervlerkies lank getrek, dan druk jy sosatiestokkie deur hele vlerkie, marineer of “baste” na smaak en braai oor kole. Glanskersies in bacon toegerol en ryg so paar op ‘n sosatiestokkie en braai tot bros oor die kole (lekkerste lekker!). Ons het 1 jaar met my verjaardag ‘n stokkie-braai gehou (saam met lekker cocktails). Saam met bogenoemde was daar ook garnale op stokkies geryg, met ‘n lekker spicy marinade geverf en oor die kole gebraai en spareribs (hulle is mos klaar op hul eie “stokkies”) en dan slaai-stokkies daarby. Dit was ‘n hit!






