HEERLIKE DADEL BALLETJIES
225 gr margarine
225 gr dadels gekap
3/4 k suiker
1 eier geklop
1 pak Marie beskuitjies/ rice crispies
Klapper
Kook margarine en suiker saam. Voeg gekapte dadels by. Kook tot kookpunt. Haal van die plaat af. Voeg geklopte eier by. Sit terug op plaat en kook. Haal van die plaat af en voeg gebreekte Marie beskuitjies by. Laat goed afkoel en rol in balletjies. Rol balletjies in klapper.
Ek het so 25g ekstra dadels bygevoeg vir die liefde en net helfte van die balletjies gerol in klapper
BRON: Annatjie Donaldson








