LEKKER MALVALEKKERS
400 g (500 ml) suiker
100 ml water
30 ml vloeibare glukose
8 gelatienvelle
Sowat 200ml water
1 ml sout
5 ml vanielje ekstrak
Pienk voedsel kleursel
Gesifte versiersuiker
Plaas suiker, 100 ml water en vloeibare glucose in kastrol. Verhit stadig en roer tot suiker opgelos is. Suiker moet opgelos wees voor mengsel begin kook. Kook tot 120˚C.
Week gelatien in die 200 ml water vir so 5 minute. Druk water uit en plaas geweekte gelatienvelle in mikrogolf geskikte bakkie. Smelt gelatien teen lae temperatuur vir so 2 minute.
Plaas Gelatien in elektriese menger se bak en klits terwyl suikerstroop stadig in dun straaltjie byvoeg. Voeg sout vanielje en kleursel by. Klits vir sowat 15 minute tot lig en koud.
Smeer intussen ‘n plat bak met botter en strooi versiersuiker in die bak. Skep mengsel uit in bak en maak gelyk.
Laat rukkie staan en sny met mes wat gesmeer is met botter en in versiersuiker gedruk is.
Strooi versiersuiker oor. Hou in lugdigte houer.
FOTO: Tina Bruwer








