HANNES SE HOENDERPOT IN DIE OOND
Sprinkel ‘n laag rys met gekapte uie onder in oondbak.
Los hoendersousblokkie op in ‘n halwe koppie kookwater en giet bo oor.
Pak ‘n laag gevriesde gemengde groente.
Plaas hoender heel bo. Geur met Bbq spice, knoffel.
Pak uieringe bo-oor en sprinkel met olyfolie.
Bak tot goudbruin. Sit ‘n blokkie botter op elke porsie en laat net smelt in die oond. Bedien met tuisgebakte brood.
Vir n soet sout variasie. Doen als dieselfde maar ipv speserye op die vleis. Smeer mildiglik met appelkooskonfyt, dan mayonaise en sprinkel bruinuie soppoeier en bak. Moet nie die hoeder draai nie. Dis nou comfort food of note.
Lekker sticky Jam hoender en al die geure en sous kook in juicy rys in.
Bron en foto: Hannes Coetzee








