GESMOORDE VARKTJOPS MET PIESANG
3 groot varktjops;
meelblom;
3 piesangs
Sous
25 ml fyngekapte uie;
125 ml tamatiepuree;
125 ml water;
30 ml asyn;
125 ml Worcestersous;
6 ml sout;
1 knypie rooipeper;
1 ml gemmer;
knypie fyn naeltjies;
1 ml fyn kaneel
Verhit die sousbestanddele saam en bring tot kookpunt.
Vee tjops met ’n klam doek af en rol in meelblom. Braai oor hoë hitte aan weerskante bruin en skep dan 12,5 ml sous bo-op elke tjop. Rangskik in Pyrexbak. Sit deksel op en bak vir 10 minute by 180 °C.
Keer tjops om en skep sous oor die ander kante. Verminder temperatuur.
Met deksel op, bak vir ongeveer 35-40 min.
Tien minute voor die tjops gereed is word die geskilde piesangs middeldeur gesny en op die vleis gerangskik. (Keer hulle een of twee keer versigtig om.)
Bedien in warm opdienbak. Rangskik piesangs rondom en versier met pietersielie.
Bron: Bettie van Tonder









