GARNAAL PASTA-PRAWN PASTA
gaar pasta
4 preie (leeks)
1 pakkie gesnyde sampioene
knoffel
grasuie
1 koppie room
1 koppie witwyn
1 koppie melk
1 kg skoongemaakte heel garnale (prawns)
peri peri sous
botter
Braai in heelwat botter die leeks, sampioene en knoffel tot bietjie bruin.
Voeg wyn by en laat prut vir 5 min.
Haal uit pot en dan braai prawns op hoë hitte ook in heelwat botter.
Voeg preiemengsel by garnale en dan room en melk en peri peri sous. Ook sout en pepper na smaak.
Meng alles stadig en maak sous dik met bietjie meel indien nodig.
Voeg gaar tagliatelle pasta by en dan gesnyde grasuie.
Bron en foto: Deon van Aarde









geskuif