EIERVRUG RESEPTE EN IDEES
Yvette Cilliers
Wil graag weet of iemand kan help. Ek vrek oor eiervrug, maar dit is elke keer regtig te olierig vir my, al dreineer ek dit of sit dit op bruinpapier om te dreineer. Het iemand dalk ‘n beter manier om dit in ‘n pan met olie gaar te maak? Asb en dankie.
Susan Sussiena Wagenaar Mitchell
Beste is om dit inni oond te grill met n baie dun lagie olie op?? ekke gril ook vir vetterige kos?
Ekke maak Griekse mousaka met eiervrug en dis heerlik?
Jacques Marianne Van Niekerk
Sny skywe en gooi sout oor en laat staan n ruk tot pitte begin verkleur. Spoel af en druk droog. Skud in n sakkie met bietjie koekmeel en doop dan in n degie soos vir vis voor jy dit in bietjie olie braai
Maryke Jonck
Ek maak myne op die George Foreman,lekker vinnig.Andersins bak ek dit in die oond met bietjie olyf olie en sout.
Elsabie Templeton
Sny in ongeveer 2cm dik skywe, sit in oondpan, smeer albei kante met olyfolie (dit trek onmiddelik in) met ‘n kwas en rooster tot dit begin verbruin. Dit is die enigste manier wat ek doen om die eiervrug te gebruik vir netso eet met seldery sout of om melanzanne of mousaka te maak. Ek doen ook nie meer die sout, afspoel & afdroog metode nie.
Ansi Fourie Pypers Fourie
Maak myne ook graag op george foreman.
Emmerentia Coetzer Olivier
Ek sny myne skywe met skil en al en gooi sout e peper oor sit in pan in oond e gooi net bietjie olyfolie oor. Laat dit bak by 180 tot sag. Dis heerlik. Jy ka dit saam al j groente in oond bak.
Hilton Gilbert Peter Powell
Gebruik slegs coconut of palm olie om mee te braai …sny dit in3 cm skywe en draai gereeld om tot sag
Peet Strijudom
Ons doen dit ook met olyf olie hier in Taiwan met fyn gerasperde garlic
Rina Engelbrecht
Sny in helfte deur,stoom in mikogolf tot sag.Haal uit en plaas ui tamatie knoffel sout en peper oor.Strooi kaas bo-oor en bak onder grill.Heerlik
Laurika Crouse
Goeie middag. Ek sny gewoonlik my eiervrug in blokkies en braai dit dan saam tamatie, uie en greenpepper. En net voor opdien rasper ek ‘n bietjie kaas bo-oor. Dit smaak wonderlik.
Char Manning
Brush the slices with oil before you fry them, rather than frying them in oil.
Wilhelmina Getruida Oosthuysen
Ek skil myne sny in blokkies, kook sag met min water. , laat bietjie afkoel! Gooi eier, meel en bakpoeier by, deeg soos vir vetkoekies. Bak lepels vol in olie! Vries lekker,
Anel Engelbrecht Portela
Ek Maak dit gereeld vi my, skil net af, sout en pepper en gooi Dan skywe in sakkie met meel en bak Dan in olie
Heerlik en crispy
Ella Simpson
Sny eiervrug in skywe. Pak saam met skywe tamaties en gebraaide uie in lae in ‘n glas oondpan. Strooi bietjie meel oor asook sout en peper. Maak ‘n pakkie mushroom soppoeier met een koppie melk aan en gooi oor. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak in die oond op 180 vir so 35 – 40 min.









Geskuif as “Wenke en resepte vir eiervrug (brinjal)”