EENBAK MAALVLEISGEREG
Stel oond op 180 gr C.
750g maalvleis
1 gekapte ui
sout en peper na smaak
bietjie chutney
1 koppie rou rys
1 blikkie minstrone of sampioen sop
1 blikke geroomde sampioene
Smeer casserol, braai maalvleis met 1 gekapte ui in aparte pan.
Sprinkel met sout en peper.
Skep onder-in casserol, smeer lagie chutney van jou keuse, bo-oor.
Gooi 1 k rou rys bo-oor, dan een blikkie minestrone of sampioen sop en 1 blikkie room sampioene bo-oor.
Gooi dan 2 k kookwater oor en bedek met tinfoelie, bak vir een en ‘n half uur tot gaar en rys sag en uitgeswel.
Gooi gerasperde kaas bo-oor en smelt in oond, bedien met groente van jou keuse.
Nota:
Marlene Kotze
Maak gereeld hierdie gereg. Ek gooi egter net een koppie water in anders is dit te loperig vir my. Dit werk net so goed in ‘n mikrogolfoond. Baktyd is dan ongeveer 45 minute. Ek spoel ook die rys af voordat dit in die skottel gegooi word. ‘n Mens kan ook sampioene saam met die vleis gaarmaak as jy baie llief daarvoor is.
Foto deur Maryke Nel McCaig








