

CLAUDIA SE SPINASIE TERT
Low carb spinasie tert. 🙂 Aangesien my skoonma my muffin pan geleen het het ek hom in ‘n ander bak gemaak. 😉 En ek het hom so bietjie ‘n twist gegee.
5 free range jumbo eiers
4 eetlepels vetfrye maaskaas
250 g gesnyde sampioene
300 g vars spinasie, fyn gesny
1 fyn gekapte ui
3 knoffel tone
2 teelepels pesto
sout en peper
4 repies spek, in blokkies gesny
lekker baie gerasperde verouderde cheddar
Klits die eiers saam met die maaskaas tot glad, bak die uie in klein bietjie olyf olie saam met die knoffel en spekkies. Sit die spinasie by en roerbraai vir so 5 minute. Skep met ‘n lepel met gaatjies in die mengsel uit die pan en sit die mengsel in die eier-en maaskaas mengsel. Maak seker meeste van die water is uit die spinasie. Mens kan dalk ‘n sif-vergiet ook gebruik. Braai nou die sampioene en sit hulle ook by die spinasie en eier mengsel en roer alles goed deur. Sit die pesto by en sout en peper. Rasper die veroudere chedder deur die mengsel en hou ‘n bietjie vir bo-op die tert. Bak op 180 ºC vir so 35 minute in die oond.
Resep en foto: Claudia Bellink







geskuif