BEESVLEISBLOKKIES IN KOFFIE
1 Ui in ringe gesny
2 Knoffelhuisies gekneus
Olie
1,5 KG Stowebeesvleis in blokkies gesny
Sout en swart peper na smaak
250 ML Warm sterk swart koffie
125 ML Rooiwyn effens verhit
2 ML Droe Oreganum
5 ML Droe basielkruid
125 ML Room
Sorteer ui en knoffel in bietjie olie tot sag
Skep uit en hou eenkant.
Geur vleis met sout en peper
Braai bietjie bietjie in verhitte olie tot bruin.
Voeg uiemengsel weer by asook koffie en rooiwyn.
Verlaag hitte, bedek en laat prut tot vleis sag is.
Voeg geurmiddels en ook room by en laat prut tot lekker dik sous vorm.
Geur met ekstra sout en peper indien nodig.
Dien op met rys, noodles, ertjies en ‘n lekker slaai
Bron: Cornelia Myburgh








