SOET-SUUR HOENDERLEWERTJIES MET SPEK EN UIE
3 uie
½ pakkie gesnipperde spek
500 g skoongemaakte hoenderlewertjies
1 teelepel sout
1 koppie water
25 ml asyn
25 ml suiker
25 ml bisto poeier
Kap die uie grof en braai in bietjie olie.
Voeg die spek by en braai tot uie sag is.
Voeg die hoenderlewertjies, sout en die koppie water by. Laat prut tot hoenderlewers gaar is.
Meng die asyn, suiker en bistopoeier in ‘n koppie en maak verder vol met water.
Voeg by en prut tot sous lekker dik en geurig.
Foto en resep: Jacques Marianne Van Niekerk