

VARS SNOEK VISKOEKIES
FOOD LOVERS RECIPES
Maak 24 viskoekies
2 kg rou snoek
Berei die sous voor:
4 teelepels knoffel gekap
25 ml botter
60 ml appelkooskonfyt
25 suurlemoen
Kook saam vir so 5 min.
Haal af van stoof en voeg die volgende by:
125 ml Balsamic olie
125 ml Balsamic asyn
Smeer die sous oor die snoek, maar nie te veel nie,( bere die ander vir later) dat hy nie bietjie klam is. Onthou asb om hom eers droog te maak. Moenie sout oor sprinkel nie, souy trek water en ons wil dit nie nou he nie.
Spuit die foil met Spray and Cook (die olive) een aan albei kante. Plaas die snoek in 180ºC oond vir 10 min
Laat afkoel
Meng die volgende in ‘n bak:
4 koppies kapokaartappels (maak met 50 ml room en 15 ml kaas gerasper)
1 groot gekapte uie
2 teelepels gekapte knoffel
2 teelepels rooipeper (brand nie baie belangrik)
Ontbeen die snoek en meng alles saam met 8 eiergele.
Maak snoek-koekies soos viskoekies (rol dit in jou hand en druk bietjie plat)
Doop snoek-koekie in koekmeel dan in eierwit (wat geklits is moet skuim wees). Dan vat jy broodkrummels in ‘n plastieksak en sit die snoek-koekie daar binne in (werk baie versigtig), meng dit heen en weer.
Laat staan in yskas vir 30 min, bak vir 10 min in die oond (Onthou gebruik Spray and Cook). Bak 5 min draai om,
Bedien met oorblywende sous.
Lewer 24 snoek-koekies
Geniet dit.






