TIPSY TERT MET N ROOM KARAMEL TOPPING
Ek het dit verdubbel, omdat ek dit in ‘n groot pan vir die kerk se oggend tee gebak het. So ek sit die grootmaat resep op.
500 g dadels, gesnipper
2 koppies kookwater (1 koppie per 250 g dadels)
10 ml koeksoda
250 g botter
4 groot eiers
1 ½ koppies suiker
3 koppies bruismeel
5 ml sout
100 g pekanneute, fyn gekap
Stroop
1 ½ koppies wit suiker
1 ½ koppies water
30 ml botter
1 teelepel kaneel
1 koppie brandewyn
2 teelepels vanilla essense
Topping:
600 ml dik room
¼ koppie gekoopte karamel sous (die wat jy oor die roomys gooi)
1 eetlepel versiersuiker
2 teelepels gelatien opgelos in kookwater.
verglansde kersies en ekstra karamel sous vir versiering
Meng die dadels met die kookwater en sprinkel die koeksoda bo oor. Laat staan om koud te word en maak dan fyn met ‘n aartappel masher.
Room die botter en suiker saam en klits dan die eiers een een by. Klits goed na elke toevoeging.
Sif die droë bestanddele saam en meng met die droë bestanddele. Voeg die dadels en neute by en meng goed. Gooi die beslag in ‘n groot reghoekige koekpan en bak vir 1 uur by 180°C of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
Maak intussen die sous:
Kook die water, suiker en botter vir 5 minute saam. Voeg die brandewyn en geursel by en bring weer tot kookpunt.
Gooi die warm stroop oor die warm koek sodra dit uit die oond kom. Laat goed afkoel. Op die stadium kan die koek tot ‘n week in die yskas gebere word.
Maak die topping:
Klits die room tot styf .Vou die karamelsous by. Sif die versiersuiker bo-oor en meng goed deur. Vou nou die afgekoelde gelatien by en meng goed. Skep oor die koek en maag gelyk met ‘n palet of ‘n mes. Drizzle die karamel sous oor in patroontjies en versier met die kersies. Laat ‘n paar uur in yskas om te set.
Bron en foto: Hettie Bezuidenhout









Geskuif