TAPIOKA POEDING
Bestandele
2 kop tapioka in water geweek vir 3 ure
4 kop melk
6 eiers geskei
4 eetlepels suiker
kwart teelepel sout
1 teelepel vanilla geursel
appelkooskonfyt
1 kop suiker
Dreineer die tapioka en gooi by warm melk en kook tot deurskynend.
Meng die eiergeel, 4 eetlepels suiker, sout en vanilla goed.
As tapioka deurskynend is roer eiergeel mengsel vinnig by.
Haal van stoof af gooi in gesmeerde bak.
Sit teelepels konfyt bo op.
Terwyl jy eierwitte styf klop, voeg koppie suiker by as eierwitte styf is en klits weer.
Skep lepelsvol eierwitte bo op poeding en bak in voorverhitte oond van 180° vir 12 min tot eierwitte goudbruin is en geniet
Resep en foto: Tania Bianca Benecke Behrens