MAYONNAISE SJOKOLADEKOEK
500 ml bruismeel
180 ml kakao
10 ml bakpoeier
15 ml koeksoda
3 groot eiers
400 ml suiker
5 ml vanilla geursel
330 ml water
250 ml Cross & Blackwell mayonnaise
Spuit 2 ronde koekpanne.
Voorverhit oond 180 ºC.
Sif droe bestanddele saam.
Klop eiers, suiker, vanilla en mayonnaise saam.
Voeg meel mengsel en water geleidelik by.
Meng goed.
Skep in panne en bak 30 – 35 min tot gaar.
Los in panne vir 10 min, keer uit op draadrak en laat koud word.
VERSIERING:
500 g versiersuiker
2 eetlepels margarien
100 ml kakao
5 ml vanilla geursel
bietjie melk
karamel vir tussen die lae
Meng alles goed saam en hang af hoe donker jy die versiersel wil he.
Neem blikkie karamal kondensmelk klop goed.
Smeer tussen die 2 lae koek.
Rasper peppermint crisp sjokolade bo op karamal en plaas op mekaar.
Versier verder met versiersel en rasper weer sjokolade bo op.
Resep en foto: Tania Bianca Benecke Behrens








